skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Terme en Voorwaardes

1. GEBRUIK
1.1 Persone wat die Storietyd-webwerf vir enige rede gebruik, onderwerp hulself aan en aanvaar die bepalings en voorwaardes van Storietyd, soos hieronder uiteengesit.

1.2 Die doel van hierdie webwerf is om die gebruiker te voorsien van inligting aangaande Storietyd en die produkte/dienste wat aangebied word.

1.3 Sonder om van die bogenoemde af te wyk, gee Storietyd hiermee aan die gebruiker toestemming om na die inhoud van die webwerf, hetsy gedeeltelik of in geheel, te kyk, dit te kopieer, af te laai na ‘n plaaslike aandrywer, uit te druk of te versprei, met die veronderstelling dat:

1.3.1 die inhoud slegs vir inligting en/of nie-kommersiële doeleindes gebruik word; en

1.3.2 enige reproduksie van die inhoud van hierdie webwerf, of gedeelte daarvan, die volgende kopieregboodskap moet insluit: ©Storietyd 2014. ALLE REGTE VOORBEHOU.

1.4 Gebruikers wat die inhoud van hierdie webwerf vir kommersiële doeleindes wil gebruik, mag dit slegs doen met skriftelike toestemming wat vooraf verkry is.

2 INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE
2.1 Alle inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, wat sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting, en ontwerp insluit, maar nie daartoe beperk is nie, is die eiendom van of gelisensieer aan Storietyd, en word as sodanig teen oortreding en skending beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste. Onderhewig aan die regte toegeken aan die gebruiker binne die bogenoemde wetgewing, word alle ander regte tot alle intellektuele eiendom op hierdie webwerf uitdruklik gereserveer.

3. Storietyd -KLUBLIDMAATSKAP
3.1 Die lid ontvang elke kwartaal 2 (twee) boeke soos gekies deur kundiges. Die lid kan n keuse op ons webblad uitoefen oor watter boeke hy/sy wil ontvang, waar van toepassing. Indien geen keuse gemaak is nie sal die lid die keuse van Storietyd ontvang.

3.2 Die lid moet vir ten minste twee jaar lid van Storietyd- bly. Daarna sal die lidmaatskap gekanselleer word na 'n volle kwartaal se skriftelike kennis.

4 KOSTES
Die totale koste beloop R 115 vir ouderdomme 0 - 12 en R 155 vir ouderdomme 13 - 18 per lid (subskripsie/kind) per maand. Die prys sal jaarliks hersien word. Lede sal kennis gegee word van so 'n prysverhoging wat verwant sal wees aan die heersende Verbruikersprysindeks, (VPI) soos gepubliseer deur Statistiek Suid Afrika.

Indien u boeke ontvang het voor u vir die drie maande betaal het sal die geld ten volle betaalbaar wees indien u bedank voor die tydperk verstryk het.
Hierdie kostes is van toepassing op lede wat in hulle pakkies in Suid Afrika  ontvang.
Internasionale lede sal individueel hanteer word en sal verskil van land tot land. Indien u meer wil uitvind oor hierdie opsie, kontak ons asb by zelda@storietyd.co.za

5 VERSENDINGSKOSTE EN AFLEWERING
Aflewering is R18 per gesin per maand en pakkies word via Fastway Koeriers na Metrogebiede gestuur en via The Courier Guy Pudo vir Landelikegebiede. 
Internasionale versendingskoste is nie ingesluit nie. Kontak ons vir ‘n kwotasie.

6 BELASTING
Alle gekwoteerde pryse sluit BTW in (tans 15%). ‘n Verandering in die BTW-koers sal ‘n outomatiese prysverandering tot gevolg hê.

7 BETALINGSMETODES
7.1 Suid Afrikaanse lede kan slegs deur middel van ‘n maandelikse debiet order betaal.
Hierdie debiet order vorm word verskaf met registrasie. Dit moet ingevul word en terugestuur word aan ons soos per instruksie op die vorm.

7.2 Indien u debiet order terugestuur word deur u bank sal daar 'n R25 koste deur u betaalbaar wees. Ons behou die reg om indien u nie die agterstallige geld betaal nie, die agterstallige geld by u volgende debietorder by te sit en dit van u te verhaal.

7.2 Internasionale lede sal per geval hanteer word en ons sal n kwotasie aan hulle voorsien.

8 PRIVAATHEIDSBELEID
8.1 Storietyd beskerm die privaatheid van die gebruiker:

8.2 Geen persoonlike inligting sal aan derde partye gegee word sonder die gebruiker se toestemming nie.

8.3 Storietyd versamel en sal in besit wees van die volgende private en persoonlike inligting:

8.4 Inligting wat vrywillig deur die gebruiker verskaf word - hierdie inligting word gebruik om ‘n beter diens aan gebruikers te verskaf;

8.5 Inligting wat outomaties verskaf word (bv. “cookies”) – hierdie inligting word versamel om jou rondsnuffel en interaksie op Storietyd se webwerf te verbeter. “Cookies” kan nie jou rekenaar beskadig of virusse oordra nie; en

8.6 Deur die webwerf te gebruik, stem die gebruiker tot die volgende in:
8.6.1 Storietyd mag jou persoonlike inligting gebruik om van tyd tot tyd met die gebruiker te kommunikeer. Gebruikers mag aandui as hulle nie sodanige korrespondensie wil ontvang nie; en
8.6.2 Storietyd mag die gebruiker se inligting gebruik vir nie-persoonlike statistiese doeleiendes.
8.6.3 Storietyd behou die reg op kopiereg van persoonlike inligting van gebruikers in databasisse.


9 SKAKELING EN RAMING
9.1 Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, sake-onderneming, eenheid of webwerf met enige bladsy (dit sluit die tuisblad in) op hierdie webwerf skakel sonder dat Storietyd vooraf skriftelike toestemming verleen het.

9.2 Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, sake-onderneming, eenheid of webwerf enige bladsy (dit sluit die tuisblad in) van hierdie webwerf op enige manier raam sonder dat Storietyd vooraf skriftelike toestemming verleen het.

10 OOREENKOMSTE IN TERME VAN SEKSIE 21 VAN DIE ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE- EN TRANSAKSIESWET
10.1 Geen inligting of data op hierdie webwerf is ‘n aanbod nie, maar slegs ‘n uitnodiging om sake te doen.

10.2 Geen ooreenkomste sal gesluit word deur slegs ‘n databoodskap na hierdie webwerf of sy eienaars te stuur nie. Geldige ooreenkomste vereis ‘n erkenning van ontvangs van hierdie webwerf.

11 SOEKTEGNOLOGIE
11.1 Die gebruik van nie-kwaadwillige soektegnologie, soos “web-crawlers” of “web-spiders” om inligting te soek en in te win, word nie toegelaat, indien sodanige tegnologie die webwerf se webbediener stadiger maak of kopiereg oortredings van enige data of inligting beskikbaar op hierdie webwerf veroorsaak, nie. Data en inligting kan slegs in ooreenkoms met seksies 5 en 8 van hierdie dokumente gebruik word.

12 SKAKELING MET DERDE PARTY-WEBWERWE
12.1 Storietyd verskaf skakels vir die gebruiker slegs vir die gerief van die gebruiker en die insluiting van ‘n skakel beteken nie noodwendig dat Storietyd die webwerf steun nie.

12.2 Webwerwe of webbladsye waarmee geskakel word, is nie onderhewig aan kontrole deur Storietyd nie. Storietyd sal nie verantwoordelik gehou word, op ‘n direkte of indirekte manier, vir inhoud, gebruik of onvermoë om enige geskakelde webwerf of enige skakels in die geskakelde webwerf, te gebruik of om geen toegang daartoe te verkry nie.

13 VEILIGHEID VAN INLIGTING
13.1 Alle moontlike maatreëls sal getref word om seker te maak dat ‘n gebruiker se inligting veilig is.

13.2 Gebruikers onderneem om nie hul gebruikersnaam of wagwoord aan enige ander persoon bekend te maak nie.

13.3 Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, sake-onderneming, of eenheid ongemagtige toegang tot enige bladye van die webwerf verkry, of dat daar probeer word om enige ongemagtigde, afbrekende of negatiewe kodes op die webwerf af te laai. Enige persoon wat probeer om ongemagtigde, afbrekende en negatiewe kodes op die webwerf laai, of ongemagtigde toegang te verkry tot die webwerf, sal krimineel aanspreeklik gehou word. En waar Storietyd enige verliese of skade lei, sal siviele skadevergoeding van die betrokke party geëis word.

14 BEWYS VAN AFSTAND (“DISCLAIMER”)
14.1 Onderhewig aan die bepalings van seksies 43(5) and 43(6) van die Elektroniese Kommunikasie- en Transaksieswet: Storietyd is nie verantwoordelik vir enige verliese, skade of aanspreeklikheid van enige aard wat ontstaan as gevolg van die gebruik of onvermoë om die webwerf of die dienste of inhoud op die webwerf te gebruik nie. Verder maak Storietyd geen voorstellings of waarborge, implisiet of anders, dat die inhoud en tegnologie op hierdie webwerf, foutloos of sonder weglatings is nie of dat die diens 100% ononderbreekbaar en foutloos is nie.

14.2 Hierdie webwerf word op ‘n “as is”-basis aangebied en is nie saamgestel om aan die gebruiker se individuele vereistes te voldoen nie. Dit is dus die verantwoordelikheid van die gebruiker om, voordat hy hierdie ooreenkoms met Storietyd sluit, seker te maak dat hy/sy tevrede is dat die dienste beskikbaar by hierdie webwerf aan sy/haar individuele vereistes voldoen en dat sy/haar hardeware en/of sagteware versoenbaar is.

14.3 Inligting, idees en opinies wat op die webwerf uitgespreek word, moet nie as professionele raad of die amptelike opinie van Storietyd aanvaar word nie, en gebruikers word aangemoedig om professionele raad te kry voordat hulle tot enige aksies, gebaseer op die inligting, idees en opinies van hierdie webwerf, oorgaan.

14.4 Alle items wat by Storietyd aangekoop word, is onderhewig aan ooreenkomste wat Storietyd met verskepings- en afleweringsagente het. Die risiko verbonde aan verlore items word aan hierdie agente oorgedra.

14.5 Nie Storietyd, of enige van sy agente of verteenwoordigers, sal verantwoordelik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van enige aard wat ontstaan as gevolg van die gebruik of onvermoë om enige produk wat op hierdie webwerf verkoop word, te gebruik nie.

15 SKEIBAARHEID
15.1 Hierdie Bepalings en Voorwaardes van Gebruik vorm die volledige ooreenkoms tussen Storietyd en jou, die gebruiker van hierdie webwerf. Enige versuiming vanuit Storietyd-geledere om enige reg of bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes van Gebruik te beoefen of toe te pas, sal onder geen omstandighede kwytskelding van enige reg of bepaling beteken nie.

15.2 In die geval van ‘n insident waar enige bepaling of voorwaarde vir die gebruik van hierdie webwerf nie ten volle uitvoerbaar of geldig is nie, sal sodanige bepaling(s)of voorwaarde(s) skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie deur onuitvoerbaarheid of ongeldigheid geaffekteer word nie en sal nog steeds uitvoerbaar en geldig wees. 16
Indien jy enige vrae, of navrae het of toestemming wil vra om enige deel van hierdie webwerf, hetsy skakeling, raming, of die soekfasiliteit te gebruik, kontak ons asseblief by:

16 VERANDERINGS EN WYSIGINGS
16.1 Storietyd behou hom uitdruklik die reg voor om, met alleen en absolute diskresie en sonder vooraf kennisgewing, veranderings en/of wysigings aan enige kriteria of inligting op hierdie webwerf te maak.

16.2 Storietyd behou hom die reg voor om sonder vooraf kennisgewing, die pryse en tariewe op hierdie webwerf te verander.

16.3 Die gebruiker onderneem om die Storietyd-webwerf gereeld te besoek en om hulself te vergewis van die veranderings en/of wysigings van die inligting op die webwerf.

Kontaksentrum: 082 6600554
e-pos: zelda@storietyd.co.za

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online