skip to content

Mandjie
Mandjie

0 items tans in jou mandjie.

Begin Koop
Teken In

Sluit aan  |  Vergete Sleutelwoord


Ontmoet Bertus Beer

Bertus Beer

image 12Storietyd met Bertus Beer het begin in Bertus se grot op die Vrystaatse vlaktes in Bloemfontein. Na baie gelukkige jare in die Vrystaat het Bertus en sy gesin nou na Gauteng verhuis, waar hulle hoop om interessante avonture aan te pak en sommer baie nuwe maats te maak.

 

Bertus Beer boeke

Bertus Beer se besigbly-en-bêre boek, ‘n aktiwiteitsboekie propvol pret, is uniek aan Storietyd en gegrond is op die nuutste CAPS kurrikulum. Hierdie boekies help om kinders voor te berei vir graad een en skep 'n basis waarna hulle gereeld kan terug verwys.

Daar is 'n hele reeks van 12 beskikbaar met titels soos: "Ek kan tel", "Op die plaas", "Vakansie pret", "Ek is spesiaal" en vele meer. Bertus Beer fokus onder meer op fyn motoriese aktiwiteite soos knip, plak, inkleur en teken.
Dit sluit ook elemente in van herkenning, nabootsing, woordeskat uitbreiding en basiese getal-begrip en syferherkenning. In kort, al die vaardighede wat jou kind nodig het vir graad een.

image 9image 8
image 7image 3
image 10image 11