Klik hier om by Storietyd aan te sluit.
Gee jou kind 'n voorsprong
'n Blink toekoms begin met 'n storie en 'n liefde vir lees.
Navorsing in Kognitiewe Wetenskap toon aan dat lees onontbeerlik is as fondasie vir sukses in die skool ...
Trouens, studies toon dat kinders vir wie daar gedurende hul voorskoolse jare stories gelees word, aansienlik beter voorbereid is vir skool omdat hulle 'n groter woordeskat het. Hulle leer dus ook baie makliker om te lees. Om die waarheid te sê, die verskil tussen 'n kind vir wie gelees is en een wat nie met storieboeke groot geword het nie, is so beduidend, dat hierdie agterstand baie moeilik is om uit te wis.
Die vermoë om te lees en skryf is nodig voordat 'n kind ander vakke kan bemeester of te kommunikeer wat hulle geleer het. Navorsing het getoon dat kinders wat lees vir die lekker aansienlik beter op skool vaar as hul eweknieë omdat hulle woordeskat en spelling vaardighede sowel as vaardighede in wiskunde soveel beter is.
Ouers het 'n baie spesiale en belangrike rol om te speel hul kinders in beter lesers te help verander. Om saam met jou kinders of kleinkinders te lees word 'n kosbare geleentheid om op 'n sinvolle manier tyd te spandeer. Jy ken jou kinders se belangstellings beter as enige een en deur van jongs af saam met hulle te lees kan jy hulle die voorsprong van 'n leeftyd gee.
Storietyd se missie
Storietyd se missie is om van elke kind 'n leser te maak deur middel van stories en verhale wat aan sy of haar smaak voldoen en wat hulle belangstelling prikkel. Ons maak net die heel beste kinderboeke bymekaar om vir jou gemoedsrus te gee dat jou kind boeke lees wat ouderdomsgepas is in terme van tema, taal en ontwikkelingsfase en wat van hoogstaande gehalte is.
Sluit nou aan en gee jou kinders toegang tot sukses, want 'n blink toekoms begin met 'n storie.
Waarborg
Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewe dae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.
e-pos:
machdel@storietyd.co.za
Tel: 064 500 9386