skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > bybelboeke > My Groot Lofkleuter Bybel 2

was R 310.00
nou slegsR 300.00
Plaas in Mandjie
My Groot Lofkleuter Bybel 2 picture 4873
My Groot Lofkleuter Bybel 2 picture 4873

Nog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders!

Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees.

Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon.

Na die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.

Verskaf deur lapa uitgewers

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die bybelboeke kategorie.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online