skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > bybelboeke > Die Wonder Van Die Skepping - Nog 100 Dagstukkies Oor God & Wetenskap

was R 300.00
nou slegsR 199.50
Plaas in Mandjie
Die Wonder Van Die Skepping - Nog 100 Dagstukkies Oor God & Wetenskap picture 5442
Die Wonder Van Die Skepping - Nog 100 Dagstukkies Oor God & Wetenskap picture 5442

Die Wonder van die Skepping: 100 dagstukkies oor God en wetenskap is die derde boek in Louie Giglio se gewilde dagstukkie-reeks vir kinders oor God en die wetenskap. Soos met die vorige boeke in hierdie gewilde reeks, sal dit kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam en diere.
Die volkleur boek is vol prettige kleurillustrasies en foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te brei, en hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, 'n "Verwonder jou'' gedeelte, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.

Verskaf deur cum

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die bybelboeke kategorie.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online