skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Jy spel dit nie, jy voel dit

In A. A. Milne se geliefde kinderboek Winnie die Pooh, vra Piglet vir Pooh hoe ’n mens nou eintlik “liefde” spel. Pooh antwoord dan, “Jy spel dit nie Piglet, jy vóél dit.”

Oral waar jy vandag kyk is daar tekens van kommersiële liefde - kitsch kaartjies, beertjies en harte – maar wat is ons kleingoed se persepsies ’n abstrakte begrip soos liefde en ander gevoelens?

 

image 52

 

Eerste gewaarwording van liefde

Kenners reken dat kinders se eerste gewaarwording van liefde begin wanneer hulle nog babas is. Hulle dink nie spesifiek oor ‘liefde’ nie, maar voel warm, veilig, geborge en gelukkig in hul ouers, grootouers en ander versorgers se teenwoordigheid. Wanneer hierdie positiewe gevoelens in gesprek gekoppel word aan frases en woordjies soos “my liefie,” en “ek is lief vir jou,” wat ook gepaard gaan met drukkies en vertroeteling, vorm die begrip by kleuter dat liefde te doen het met die aangename gevoelens wat hulle ervaar saam met mense.

Hulle begin dan ook verstaan dat hoe om ander geliefd te laat voel deur liefdevol op te tree en begin besef dat liefde tussen mense uitgeruil word. Vandaar begin mens spontane drukkies en liefdesverklarings kry – wat ‘n vreugde! – en mens sien hoe kinders liefde begin betoon aan maatjies, troeteldiere en enigiets wat aanspraak maak op ’n mens se sorg en deernis.

As liefde nie teenwoordig is in hulle eerste jare nie, ervaar kindertjies vrees, angs, gevoelens van verwerping en onveiligheid.

Hierdie eerste ervaringe en begrip van liefde, of gebrek daaraan, lê die fondasie vir kinders se latere begrip van liefde, en veral wanneer hulle as tieners oor liefde begin dink. Mense het uiteenlopende opvattings oor liefde en dit is deur gesprekke en goeie voorbeelde dat ons ‘n blywende voorbeeld op ons kinders laat.

Lees vir emosionele intelligensie

Een van die grootste voordele van saamlees, is dat jou kin geborge, veilig en vertroetel voel terwyl julle lees. Gewoonlik sit die kleinding op mamma of pappa se skoot en daar is aanraking en interaksie met mekaar. Maar stories en boeke kan ook gebruik word om kinders van emosies soos liefde, geluk, vrees en hartseer te leer sodat hulle ‘n gesonde emosionele woordeskat en emosionele intelligensie op te bou deur die gevoelens wat hy beleef in woorde om te sit.

 

 

Alle kommentaar word gemodereer.

Het u iets om by te voeg ?


Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online