skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kwartaal keuses

Oepse daisy, Lulu

Oepse daisy, Lulu  picture 1808
Oepse daisy, Lulu  picture 1808

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie.

Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos ’n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in ’n groot operakonsert te sing.

Toe sy Lulu se pragtige modeontwerpe sien, besluit tannie Tula-Belle op die daad dat Lulu vir haar ’n rok vir die konsert moet ontwerp. Lulu kan nie wag om met die rok te begin nie. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red ...

Outeur: Fanie Viljoen

Terug na Kwartaal keuses

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online