skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kwartaal keuses

Buksie en Bella

Buksie en Bella  picture 2358
Buksie en Bella  picture 2358

Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont! Hierdie pragtig geïllustreerde prenteboek is ’n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen ’n baba en ’n hondjie. In die klein rooi huis duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog ’n bietjie terwyl sy hart boems, boems, boems klop. En dan ... WHAAA! Uit die bloute verskyn die baba. Sy jil en gil en druk haar neus teen syne! Tyd om ’n nuwe wegkruipplek te kry ... Gou, Buksie! Gou, Buksie! Gou, Buksie .. GOU! Met ’n snoesige, slaperige einde is hierdie die perfekte voorleesboek vir slaaptyd, en dit is ’n fantastiese geskenk vir jong lesers.

Terug na Kwartaal keuses

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online