skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Lag 'n slag!

Ek dink die vreesaanjaendste persoon in die wêreld is die persoon sonder ‘n sin vir humor,” so het die bekende akteur Michael J. Fox eens gesê. Ware woorde as jy dink hoe gewild ‘n grapjas is of aan die negatiewe effek wat suurknolle op jou dag kan hê.

Het jy al ooit gewonder hoekom mense se sin vir humor verskil? Dit word nie geneties bepaal soos die kleur van ons oë of hare nie. Inteendeel, ‘n sin vir humor of die vermoë om ‘n komieklike situasie te herken en waardeer is iets wat ons van kleintyd aanleer. Kinders wat hierdie waardevolle vaardigheid bemeester geniet verskeie voordele soos dat hulle:

  • oor die algemeen gelukkiger is,
  • ‘n beter selfbeeld het,
  • verskille met ander beter kan hanteer,
  • meer spontaan is,
  • meer gewild is,
  • probleme wat deur terggeeste en boelies veroorsaak word beter hanteer,
  • makliker aan prettige aktiwiteite deelneem,
  • hulself nie té ernstig opneem nie,
  • verby die oppervlakkige kan kyk,
  • makliker aan onkonvensionele oplossings kan dink.

Maar ‘n sin vir humor help kinders nie net op sosiale en emosionele vlak nie. Navorsing het bewys dat mense wat gereeld lag gesonder is – hulle is minder geneig tot depressie, ervaar minder stres en het laer bloeddruk, beter spysvertering en moontlik selfs beter immuunfunksie en pynhantering.

‘n Goeie manier om jou kind se sin vir humor te help ontwikkel is om saam pret te hê en te lag. Deel grappies – al is hulle maar flou aan die begin – speel speletjies, kyk snaakse flieks saam of lees ‘n grapperige boek saam. Nie net leer jy jou kind ‘n belangrike sosiale vaardigheid nie, maar die gedeelde grappies sal vir julle in jare wat kom nog baie lekker-lag oomblikke bring wanneer julle die lawwe pret onthou.

Alle kommentaar word gemodereer.

Het u iets om by te voeg ?


Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online