skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > opvoedkundigeboeke > 1-2-3 Groei met spel

was R 210.00
nou slegsR 200.00
Plaas in Mandjie
1-2-3 Groei met spel picture 3770
1-2-3 Groei met spel picture 3770

Nadia Viljoen
Elke ouer wil slegs die beste vir sy kind bied, daarom spandeer hulle duisende rande vir ekstra klasse en die beste skole. Ongelukkig is daar steeds kinders met tekortkominge wat hulle emosionele ontwikkeling en sosiale vaardighede beïnvloed. Kinders se algemene kennis is vandag uitstekend, maar hulle fyn en groot motoriese ontwikkeling is nie op standaard nie. Hulle spierontwikkeling is ook baie swak. Kinders sukkel met normale aktiwiteite soos bv. inkleur, knip, bal vang, eenbeentjie spring, ens. As gevolg van hulle swak spierontwikkeling het hulle dan ook probleme met konsentrasie.
Daar is verskeie faktore wat die kinders se motoriese ontwikkeling beïnvloed. Die algemeenste is seker die feit dat die moderne vermaak passief en kreatiwiteitloos geraak het. Alledaagse voorbeelde is selfone, televisie, rekenaar- en televisiespeletjies. Kinders weet nie meer hoe om te speel nie.
Gewone speletjies kan help om jou kind skoolgereed te kry en die probleme wat in sy ontwikkelingspad staan, te oorbrug. Ouers moet seker maak dat hul kinders beide fyn en groot motoriese vaardighede ontwikkel. Speel met jou kinders, wees aktief, maar onthou dit is ook belangrik dat jy vir hulle lees. 'n Stewige grondslag in basiese vaardighede kan hulle net help om beter te ontwikkel.
Wanneer kinders probleme met kommunikasie, motoriese- en organisatoriese ontwikkeling ervaar, vorm hulle baie keer swak selfbeelde wat hulle skoolloopbaan sodanig beïnvloed dat hulle nie akademies presteer nie. Deur te speel kan jy ook jou kind se korttermyn geheue stimuleer wat die basis vir sy langtermyn geheue vorm. Onthou dat speletjies ook 'n kind se begrip prikkel wat terselfdertyd help met redenering, syfervaardighede en 'n geleentheid vir interaksie is. In die proses ontwikkel jou kind ook emosioneel.
Laat jou kind toe om nog kind te wees. Wees lief vir jul kinders deur met hulle te speel. Hier is 123 speletjies om van te kies - vanaf 2-jarige ouderdom tot stokoud. Die speletjies is vir ontwikkeling en terselfdertyd lekker vir partytjies, pretdae, ysbrekers of sommer net vir speel.

People who bought this, also bought:

Verskaf deur lapa uitgewers

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die kinderontwikkeling and opvoedkundigeboeke kategorieƫ.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online