skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Paddington (Afrikaans)

was R 200.00
nou slegsR 180.00
Sit in Mandjie
Paddington (Afrikaans) picture 3899
Paddington (Afrikaans) picture 3899

Hierdie is ‘n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Die oorspronklike storie van die beertjie uit Peru; Paddington in die tuin & Paddington mik na goud) ’n Naamlose beertjie uit Donker Peru beland op Paddington Stasie met slegs ’n tas, ’n halflee fles marmelade en ’n etiket wat lees: “Kyk asseblief mooi na hierdie beer.” Die Browns besluit om die hoflike beertjie in hul huis te verwelkom en noem hom Paddington – na die stasie. Nou is Paddington soos ’n lid van die Brown-gesin. Hy kan ’n hele lys maak van redes waarom dit lekker is om by die Browns te woon, en een daarvan is dat hy kan deel in hul pragtige tuin. Al het Paddington nou nie juis groen vingers nie, besluit hy om bietjie navorsing te doen en sy eie rotstuintjie te maak, net betyds vir Nasionale Tuinmaakdag. Maar sal die beoordelaars van sy oranje, marmelade-besmeerde klippe hou? Toe daar ’n pretdag in die buurt gehou word, kan die kompeterende Paddington skaars sy opgewondenheid bedwing. Dinge verloop egter nie volgens plan nie … Sal hy ooit ’n goue medalje wen? Paddington-beer se stories vermaak kinders regoor die wereld al vir meer as vyf dekades.

People who bought this, also bought:

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die storieboeke kategorie.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewe dae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
machdel@storietyd.co.za
Tel: 064 500 9386

Faktuur oplossings deur Invoices Online