Klik hier om by Storietyd aan te sluit.
Die Aardigste Kinders Op Aarde 2
nou slegsR 295.00Sit in Mandjie

Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit. Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind.
En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal in haar skool (selfs die arme hoof ook) met haar grillerige goggas bak. Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Soortgelyke produkte kan gevind word onder die storieboeke kategorie.
Waarborg
Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewe dae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.
e-pos:
machdel@storietyd.co.za
Tel: 064 500 9386
