skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > gediggies idiome > Op my planeet: die beste rympies van Jaco Jacobs

was R 290.00
nou slegsR 190.00
Plaas in Mandjie
Op my planeet: die beste rympies van Jaco Jacobs picture 4466
Op my planeet: die beste rympies van Jaco Jacobs picture 4466

Welkom op ’n planeet propvol pret! Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of ’n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei. Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: * Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje) * ’n Brulpadda in my tas * My boetie dink hy’s Batman * Kougom in my hare * Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Verskaf deur lapa uitgewers

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die gediggies idiome and rympies, gediggies en idiome kategorieƫ.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online