skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Elikser

was R 265.00
nou slegsR 235.00
Sit in Mandjie
Elikser picture 4638
Elikser picture 4638

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.

Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan.

Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …

Verskaf deur lapa uitgewers

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die storieboeke kategorie.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewe dae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
machdel@storietyd.co.za
Tel: 064 500 9386

Faktuur oplossings deur Invoices Online