Klik hier om by Storietyd aan te sluit.
Winkel > storieboeke > Grotbaba
nou slegsR 185.50Sit in Mandjie

Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op, wat sorg dat Broeps 'n onvergeetlike dag beleef en sommer 'n hele paar nuwe vriende maak. Hy kry als waaroor hy droom, en natuurlik weet Mamma en Pappa van niks . . . ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke, in Afrikaans vertaal deur veelbekroonde rympiekoning Philip de Vos.
Soortgelyke produkte kan gevind word onder die storieboeke kategorie.
Waarborg
Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewe dae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.
e-pos:
machdel@storietyd.co.za
Tel: 064 500 9386
