skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > bybelboeke > My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband)

was R 155.00
nou slegsR 139.50
Plaas in Mandjie
My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4933
  • My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4933
  • My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4932
  • My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4931
My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4933My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4932My Groot Bybelstorie Knip-En-Plak-Boek (Hardeband) picture 4931

Wil jy bekende Bybelstories op ’n nuwe, kraakvars manier met jou kleingoed deel? My groot Bybelstorie knip-en-plak-boek bied die antwoord!
Kinders tussen 5 en 8 jaar sal vir ure besig bly deur die 48 projekte self te maak met alledaagse materiaal soos eierboksies, papierborde, strooitjies, plastiekhouertjies, papier en karton. Die kreatiewe stap-vir-stap-projekte ontwikkel jou jong kind se oog-hand-koördinasie deur te knip, te plak, te vou en te verf. Daar is prentjies wat elke stap mooi verduidelik, en ook ’n prentjie van die finale produk. Projekte om te maak sluit in vinger-poppies uit Noag se ark, Josef se veelkleurige jas, die wyse manne se geskenke en Jesus se kruis.
Die boek is ideaal vir Sondagskoolklasse, tuisonderrig of enige reënerige dag tuis. My groot Bybelstorie knip-en-plak-boek sal kinders se kreatiwiteit aanvuur en is ’n onvergeetlike manier om die Bybel hul eie te maak.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur cum

    Soortgelyke produkte kan gevind word onder die bybelboeke kategorie.

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online