skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > opvoedkundigeboeke > Knip verf plak: 50 prettige kunsprojekte

was R 230.00
nou slegsR 160.00
Plaas in Mandjie
Knip verf plak: 50 prettige kunsprojekte picture 3947
Knip verf plak: 50 prettige kunsprojekte picture 3947

Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak!

 

’n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met ’n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer ’n hupstoot!

 

Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, ’n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages – wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate!

 

Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!

People who bought this, also bought:

Verskaf deur lapa uitgewers

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die aktiwikteite/activity ,kinderontwikkeling and opvoedkundigeboeke kategorieƫ.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online