skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Algemene vrae

  1. Wat is die maandelikse koste?
  2. Hoe betaal ek?
  3. Ek het geregistreer maar weet nie waar om my kinders se inligting in te voer nie.
  4. Waar kliek ek om te registreer?
  5. Hoe lank moet ek n lid bly?
  6. Wat is die sperdatum?
  7. Wat is die versendingsdatum?
  8. Hoe lank neem dit vir 'n boekie om te arriveer?
  9. Hoe word boekies gestuur?
  10. Kan ek telefonies met iemand by Storietyd praat?
  11. Waar kan ek Bertus Beer se boekies koop?
  12. Wat is Bertus Beer se aktiwiteitsboekie?
  13. Wat as my kind reeds 'n boekie het wat hy ontvang het?
  14. Hoeveel boekies is daar in 'n pakkie?
  15. Hoe gereeld kry my kind 'n pakkie?
  16. Is dit veilig om my bankbesonderhede in te vul?
  1. Wat is die maandelikse koste?

    Slegs R 115 per kind (lid) per maand

  2. Hoe betaal ek?

    Subskripsies kan slegs per debietorder geskied.

  3. Ek het geregistreer maar weet nie waar om my kinders se inligting in te voer nie.

    As jy ingeteken het deur hier te kliek: http://www.storietyd.co.za/teken-in kyk na die regterkant van die blaai en kliek op "Jou subskripsies"  Jy sal die inligting daar kan invoer.

  4. Waar kliek ek om te registreer?

    Kliek hier om te registreer: http://www.storietyd.co.za/registreer

  5. Hoe lank moet ek n lid bly?

    Jy hoef slegs vir 2 jaar of 8 kwartale 'n lid te bly.

  6. Wat is die sperdatum?

    Dit is die datum waarteen klublede hulle keuse moes uitoefen oor watter storieboeke hulle wil ontvang vir die kwartaal. Indien ‘n klub lid nie ‘n keuse maak voor die sper-datum nie, sal die lid outomaties Storietyd se keuse vir die kwartaal ontvang.

  7. Wat is die versendingsdatum?

    Die datum waarop die pakkies uitgestuur word, gewoonlik op maandeinde van die kwartaal en ongeveer 4 weke na die afsny datum.

  8. Hoe lank neem dit vir 'n boekie om te arriveer?

    3 -5 dae na die versendingsdatum

  9. Hoe word boekies gestuur?

    Boekies word per koerier afgelewer. Lede wat nie naby dorpe of stede woon nie, kan hul pakkies by 'n Postnet of poskantoor toonbank laat aflewer.

  10. Kan ek telefonies met iemand by Storietyd praat?

    Ja, ons kantoor nommer is (012) 661 0880

  11. Waar kan ek Bertus Beer se boekies koop?

    Bertus Beer se boekies word deur Storietyd gepubliseer en is nie te koop in winkels nie.  Slegs Storietyd se klublede kan vorige uitgawes koop deur ons te kontak by kontak@storietyd.co.za

  12. Wat is Bertus Beer se aktiwiteitsboekie?

    Bertus Beer is n 24 bladsy boekie propvol aktiwiteitspret vir jou 3-5 jarige kleuter (6-8 jarige kinders kan dit ook gebruik). Die reeks bestaan uit titels soos: Ek kan tel, My liggaam, Op die plaas, Vakansie pret en vele meer. Die boekies bevat verskillende aktiwiteite soos bv. Skryf, inkleur, knip, plak, lees, speletjies ens. Hierdie reeks bestaan uit 20 boekies en alle skrif is volgens Suid Afrikaanse skool skrif vereistes om dit maklik te maak vir beginner lesertjies.

  13. Wat as my kind reeds 'n boekie het wat hy ontvang het?

    Jy as ouer kan kies watter boeke jou kind per kwartaal ontvang. As dit egter gebeur dat jy wel n boek ontvang wat jou kind reeds besit kan jy die boek wat jy ontvang het binne 7 dae vir ons terugstuur en ons sal vir jou ‘n ander boek stuur. Storietyd poog deurentyd om die nuutste titels op die mark daar te stel vir jou.

  14. Hoeveel boekies is daar in 'n pakkie?

    Daar is twee boekies per pakkie, dus ontvang jy agt boekies in totaal per jaar. Tieners (13+) ontvang een boek per kwartaal.

  15. Hoe gereeld kry my kind 'n pakkie?

    Een keer n kwartaal (elke drie maande).

  16. Is dit veilig om my bankbesonderhede in te vul?

    Ja, dit is veilig. Ons webblad is geenkodeer met ʼn 256-bis sertifikaat en jou bankbesonderhede word elektronies en outomaties gestuur aan die instelling wat debiet orders van jou rekening verhaal.

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online