skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Nuus en hulpmiddels

Kliek op die opskrifte hieronder om meer te lees:

Ons glo dat kinders wat groot word met stories en ‘n liefde vir boeke, nie net akademies beter presteer nie maar ook meer kreatief dink en sosiaal vaardig is. Op hierdie bladsy bring ons vir jou nuus, raad, wenke en inligting van vooraanstaande kenners in die veld van kinderontwikkeling.

Jy spel dit nie, jy vóél dit

In A. A. Milne se geliefde kinderboek Winnie die Pooh, vra Piglet vir Pooh hoe ’n mens nou eintlik “liefde” spel. Pooh antwoord dan, “Jy spel dit nie Piglet, jy vóél dit.”
Oral waar jy vandag kyk is daar tekens van kommersiële liefde - kitsch kaartjies, beertjies en harte – maar wat is ons kleingoed se persepsies ’n abstrakte begrip soos liefde en ander gevoelens?

 

Die geskenk van tyd

As jy daagliks 15 minute spandeer om vir jou kinders te lees, stel jy hulle aan meer as 1 miljoen woorde per jaar bloot.

 

Lees Aktiwiteite vir Kinders wat Sukkel om te Lees

As ‘n ouer van 'n sukkelende lesertjie, weet jy lees kan 'n baie frustrerende ervaring vir beide jou en jou kind wees. En alhoewel jy goed besef hoe belangrik dit is om van jongs af 'n sterk fondament in lees vas te lê, weet jy dalk nie wat om te doen om te help nie.

Hoewel daar verskeie redes is waarom sommige kinders sukkel om te lees, terwyl ander dit makliker onder die knie kry, is hierdie idees geskik vir lesers van alle vlakke. Dit is ook nooit te vroeg om hiermee te begin nie en klein kindertjies sal ‘n groot voorsprong ontwikkel as jy sommer klein (so van vier en ouer) begin.

 

Hoe veilig is jou kinders aanlyn?

Die vinnig-veranderende wêreld van tegnologie stel kinders bloot aan gevare. As ouers kan ons egter nie ons kinders van tegnologie weerhou nie. Al wat ons kan doen is om verantwoordelike digitale burgers groot te maak.

Maar hoe gemaak as jy nie weet waar om te begin nie? Lees Tech-savvy Parenting - 'n Gids vir ouers van kleuters tot tieners deur Nikki Bush, 'n ouerskap deskundige, en Arthur Goldstuck, 'n tegniese kommentator. Hulle het hierdie sensitiewe en insiggewende gids saamgestel wat die terme, gevare en geleenthede van tegnologie – soos die internet, slimfone, tablette, sosiale netwerke ens. – aan ouers verduidelik, in die konteks van die verhouding tussen ouers en hul kinders. Dit begin met eenvoudige konsepte en sal selfs die mees tegnologies-verwarde ouer help.

 

So, wat is CAPS nou eintlik?

‘n Mamma skryf vir ons en vra, “My dogtertjie gaan volgende jaar ‘groot skool’ toe. Ek hoor gedurig van CAPS maar ek is nie seker wat dit is nie. Verduidelik asseblief, ek wil nie dom klink as ek met die nuwe juffrou praat nie!” Hier is wat jy moet weet van CAPS, oftewel die HNK.

 

Die dae is lank maar die jare kort

Party dae is dit net te veel - kinders wat raas, dinge om te doen, hardloop, hardloop, hardloop... Ek is nie lus vir speletjies speel en geselsies nie, al wat ek wil doen is sit. Ervaar jy ook sulke dae? Hierdie woorde, 'die dae is lank maar die jare kort', help my altyd om met ander oë na sulke dae te kyk.

 

Jaco Jacobs op wêreldlys van kinderboekskrywers

Storietydlede en Afrikaanse kinderboek-liefhebbers sal Jaco Jacobs se naam goed ken. Jaco is op die langlys van ’n internasionale kinderboekkompetisie - 'n massiewe pluimpie vir een van ons gunsteling skrywers. Ons hou duim vas vir 'n wen!

 

Ken jy Babalela?

Babalela en sy maats is groot gunstelinge onder die kleinspan. As jy nog nie vir Babalela ken nie, hy is 'n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos. Lees meer hier.

 

Kinders wat sukkel om te lees, sukkel om te leer

Onderwysers kan ’n kind leer lees, maar die liefde vir lees word tuis gekweek. Daar is dus ’n verskil tussen kán lees, en lief wees vir lees, en die grondslag daarvoor word in die ouerhuis gelê. Kweek 'n leeskultuur tuis met hierdie wenke.

 

Lag 'n slag!

Het jy geweet dat 'n sin vir humor nie geneties oorgedra word nie maar aangeleer word. En, dat ‘n sin vir humor en die vermoë om ‘n komieklike situasie te herken en waardeer verskeie sosiale, emosionele en gesondheidsvoordele vir kinder inhou. Jy kan jou kinders help om hierdie vaardighede te ontwikkel deur stories en boeke. Lees verder

 

Lees dit weer Mamma!

Dryf dit jou teen die mure uit om aand-na-aand dieselfde slaaptydstorie te lees? Byt maar op jou tande en lees weer – dis baie belangrik vir jou kind se ontwikkeling. Lees wat sê die kenners.

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online